seehond

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
'n Seehond (Phoca vitulina).

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  seehond     seehonde    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  seehondjie     seehondjies  

Uitspraak

   
(lêer)

Woordafbreking

see•hond

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. (soogdiere) gewone ~: 'n Seeroofdier wat tot die spesie op Wikispecies Phoca vitulina behoort.
  2. (soogdiere) egte 'n Seeroofdier wat tot die subfamilie op Wikispecies Phocinae behoort.

    Voorbeeldsinne

  1. Die gewone seehond kom langs die kuste van Europa, Noord-Amerika en Noord-Asië voor.
  2. In hierdie groep is dit egter alleen die soort rob wat hier aangetref word, nl. die Kaapse seehond (Arctocephalus pusillus), wat van ekonomiese belang is. Hierdie rob is eintlik 'n soort seeleeu of seebeer, want, terwyl die egte seehonde (die Phocidae) gewoonlik 'n korter nek besit [en] hul agterpote permanent agterwaarts uitgestrek is om 'n swemstert te vorm, word die Kaapse seehond gekenmerk deur 'n lang buigsame nek en agterpote wat vorentoe gedraai kan word as hy daarmee wil loop.[1]

    Vertalings

  Vertalings:    seehond
Engels: seal(en)
Nederlands: zeehond(nl) m

Verwysings

  1. [https://scholar.sun.ac.za/server/api/core/bitstreams/766cef1a-9e73-4d9f-bc9d-d2daff2be021/content DIE GESKIEDENIS VAN DIE VISSERY AAN DIE KAAP TOT AAN DIE MIDDEL VAN DIE AGTIENDE EEU.; C. F. J. MUJ:;-LER, M.A.. (M.A.-tesis, Universiteit van Stellenbosch, 1938).]