Die gewone seehond kom langs die kuste van Europa, Noord-Amerika en Noord-Asië voor.
In hierdie groep is dit egter alleen die soort rob wat hier aangetref word, nl. die Kaapse seehond (Arctocephalus pusillus), wat van ekonomiese belang is. Hierdie rob is eintlik 'n soort seeleeu of seebeer, want, terwyl die egte seehonde (die Phocidae) gewoonlik 'n korter nek besit [en] hul agterpote permanent agterwaarts uitgestrek is om 'n swemstert te vorm, word die Kaapse seehond gekenmerk deur 'n lang buigsame nek en agterpote wat vorentoe gedraai kan word as hy daarmee wil loop.[1]