skild

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
[1] Krygers met skilde.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  skild     skilde    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  skildjie     skildjies  

Woordafbreking

skild

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. (militêr) Harde plaat wat jy teen jou lyf hou om aanvalle af te weer (in die linkerhand gedra).
  2. (dierkunde) Harde dop; eksoskelet om die liggaam van sommige diere.
  3. 'n Heraldiese banier wat soos 'n skild lyk.
  4. 'n Trofee wat soos 'n skild lyk.

    Voorbeeldsinne

  1. Die krygers slaan met hul spiese teen hul skilde om die vyand te intimideer.
  2. Alle skilpaaie het 'n beenagtige skild onder die maag (plastron), sowel as op die rug (die karapaks).
  3. Gewoonlik bestaan 'n akademiese instelling se wapen uit slegs 'n skild en 'n slagspreuk.
  4. Die Suid-Afrikaanse span het die skild gewen.

    Spreekwoorde

«Hy voer iets in die skild
Hy het geheime planne.

    Vertalings

  Vertalings:    skild
Engels: shield(en), buckler(en), shell(en), carapace(en)
Nederlands: schild(nl)