Gaan na inhoud

skop

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Enkelvoud Meervoud
  skop     skoppe    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  skoppie     skoppies  
  1. 'n Trap met die voet/poot.
  2. 'n Tipe graaf met 'n hol blad (skopgraaf).
  1. Sy het haar bakkie met skreeuende remme tot stilstand gebring, die rower bygedam, hom 'n gedugte skop gegee en gebulder: "Los my uit!"
  2. Ma vee die krummels in die skoppie in.
Nog baie skop hê (nog gereken; aan die gang).

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels kick(en)
Nederlands schop(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  skop 
Verlede Tyd  ek   het geskop        
  1. 'n Trap gee; met die voet/poot bydam.
  2. (figuurlik) Verset; weerstand bied.
  1. Ek het hom nie geskop nie - ek het net gedans en hy was in my pad.
  2. Die kind skop nog teen die skool se streng reëls.
Skop soos ’n muil (hard skop).
Teen die prikkels skop (verset).

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels kick(en)
Nederlands schoppen(nl)