dimensie

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  dimensie     dimensies  

Woordafbreking

di•men•sie

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. Afmeting in 'n bepaalde rigting.
  2. (wiskunde) Een van die parameters wat 'n ruimte beskryf, soos hoogte, breedte en diepte.
  3. Kategorie waartoe 'n bepaalde meetbare grootheid behoort.
  4. Een van die aspekte van 'n toestand.

    Voorbeeldsinne

  1. Het jy die dimensies van die raam reg gemeet?
  2. 'n Ruimte wat met die koördinate (x,y,z) beskryf word het drie dimensies.
  3. Volgens die SI-stelsel is die dimensie van lengte se eenheid die meter, en die dimensie van tyd se eenheid die sekonde.
  4. Die rou realisme word stadig deurspek met beelde wat 'n mitiese dimensie herberg.

    Homofone

demensie

    Vertalings

  Vertalings:    dimensie
Engels: dimension(en)
Nederlands: dimensie(nl)


Nederlands (nl)

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord dimensie v dimensies

Uitspraak

Hulp:IPA: [di.ˈmɛn.zi]
   
(lêer)

Woordafbreking

di•men•sie

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

Dimensie.