kakaoboom

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Kakaovrugte aan 'n kakaoboom.

Afrikaans (af)

Etimologie

Samestelling van boom en kakao. Sedert 1596 of moontlik reeds 1550/70 is dit in Nederlands as cacao bekend. Via Spaans uit Nahuatl kakáwatl 'kakaoboon'. In samestellings verval in hierdie taal die slot -tl en in Spaans is die onjuiste gevolgtrekking gemaak dat die woord kakáwa sou wees en hulle het die Spaanse manlike uitgang -o daaraan geheg.[1]
Enkelvoud Meervoud
  kakaoboom     kakaobome  

Woordafbreking

ka•kao•boom

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

(plante), (landbou), op Wikispecies Theobroma cacao 'n Immergroen boom wat inheems aan die noordelike deel van Suid-Amerika is en vanweë die vrugte se bone veral in Ghana verbou word

    Voorbeeldsinne

Die vrugte van die kakaoboom is ruwe peule, wat 18 tot 30 cm lank word en aan 'n kort lootjie uit die tak of die stam van die boom groei.

Verwysings

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor kakaoboom.