Sedert 1240 in Middelnederlands as blasbalg of blasebalghe, blaesbalch opgeteken. Reeds in 1480 ook as blaesbalck, wat dalk na die hefboom verwys wat die werktuig bedien, pleks van die balg wat 'n leersak beteken.[1]
blaas + balk; balg het nogtans sy eie etimologie. van Proto-Germaans *balgi-, dalk verwant aan *belg- (swel), van Proto-Indo-Europees bʰelǵʰ-, hoewel Kluge dit ontken.[2]
Kleintyd op die plaas het ek kennis gemaak met 'n blaasbalk. Dit was 'n bruikbare instrument om yster mee te smee.[3]
En wie hoor nie die gekreun van die bombastiese blaasbalk agter sinne soos die volgende:"Dis pynlik om die afbreuk van geesverbystering (?) te sien, wat flou, al flouer 'n kwynend verset teen eie onmag vertoon en in sielsmart oorgaan.."[4]