Die plant stam uit noordoos-Asië en het eers in die 15de eeu via die Sarrasene Europa bereik. Die woord is sedert 1413 uit Middelnederlands bekend as boecweit in die samestelling boecweitsland. Boecweit is 'n samestelling van boec (die boomsoort "beuk" Fagus) en weit, 'n ou woord vir "koring" soos die Engelse wheat, wat verwys na die saad wat soos driehoekige beukeneutjies lyk. Die Middelnederlandse (of Middelnederduitse) woord is oorgeneem in ander tale soos Deens boghvede, Noors bokhvete, Frans bucail(le) en Engels buckwheat. Die Afrikaanse woord het dalk uit die Engelse een ontstaan.[1]
(landbou), (plantkunde)Fagopyrum esculentum, 'n plant uit die duisendknoopfamilie (Polygonaceae) wat eetbare saad lewer wat soos graan vir meel gebruik word.