hekkie

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  hekkie     hekkies  

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. 'n Klein hek.
  1. Hekkievormige rame wat tydens atletiek in hekkieloop gebruik word om oor te spring.
  2. (rekenaarwetenskap) Die #-karakter op 'n sleutelbord.

    Voorbeeldsinne

  1. Elke dag speel sy met hom in sy kampie, maar eendag los sy per ongeluk die hekkie na die kampie oop en die honde val die bokkie aan.[1]
  2. Sy spring oor die eerste hekkie, maar haar voet haak vas en sy tuimel ten aanskoue van almal neer.
  3. 'n Gebruikersnaam mag nie 'n hekkie-karakter (#) in hê nie.

    Verwante woorde

3. hutsmerk

    Vertalings

  Vertalings:   
Nederlands: hekje(nl)

Verwysings