hingsel

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Etimologie

Sedert die 13de eeu (1285) beken in Middelnederlands as hancsel (later hencsel) of -met Noordsee-Germaanse metatese- hangeles(se).
Afgelei van die werkwoord hangen (hang) met die agtervoegsel -sel wat konkrete deverbatiewe vorm.[1]
Enkelvoud Meervoud
  hingsel     hingsels  

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

'n Hingsel is iets wat aan 'n voorwerp vasgemaak is waaraan jy dit kan dra.

    Voorbeeldsinne

Dra die emmer aan sy hingsel.

    Sinonieme

lus, handvatsel, uitsteeksel, neus


    Vertalings

Verwysings