Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
- Omslag waarin papiere gerangskik en geberg word, sodat dit maklik later nageslaan kan word.
- (rekenaarwetenskap) 'n Versameling inligting wat 'n eenheid vorm en saam geberg word; rekenaarlêer.
- Iemand wat lê (rus) of iets (soos 'n balk) waarop iets ander lê.
- 'n Hen of ander dier wat eiers lê (lêhen).
- 'n Ou inhoudsmaat vir wyn, brandewyn, asyn, ens.
- Bêre asseblief die brief in daai lêer.
- Kopieer die lêer na jou hardeskyf.
- Plaas die bokse op daai lêer asseblief.
- Hierdie hen is 'n uitstekende lêer.
- Een lêer is 16 anker of 582 liter.
- liasseer
Meer inligting
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor lêer.