leer

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Jump to navigation Jump to search
Reddingswerkers wat met 'n leer op 'n huis se dak geklim het.
Disambig.svg Sien ook leër en lêer

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  leer     lere    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  leertjie     leertjies  

Nuvola apps edu languages.png Uitspraak

Hulp:IPA: [lɪər]

Open book 01.png Selfstandige naamwoord

   Crystal Clear app kedit.svg Betekenisse

  1. (gereedskap) Klimtoestel met twee ewewydige balke en dwarsstukke (sporte) waarop mens klim om hoër by te kom.
  2. (kleding) 'n Stof van gelooide diervel (waarmee klere, skoene, ens. gemaak word).
  3. 'n Haakplek in 'n kous (waarvan die skeur soos die klimtoestel lyk).
  4. Teorie of doktrine; dit wat geleer word.

   Emojione 1F4DA.svg Voorbeeldsinne

  1. Pasop dat jy nie van die leer afval nie.
  2. Die stoel is met leer oorgetrek.
  3. My kous het 'n leer in.
  4. In teenstelling met die Rooms-Katolieke Kerk, baseer die Protestantisme sy leer op die Skrif alleen.

   Nuvola apps gaim.png Spreekwoorde

«Van anderman se leer is dit lekker om breë rieme te sny.»
Iemand anders se goed kwistig gebruik.
Die natuur is sterker as die leer (geleerdheid kan nie instink oorwin nie).

   Gnome-globe.svg Vertalings

  Vertalings:   1. Klimtoestel
Engels: ladder(en)
Nederlands: leer(nl) v/m, ladder(nl) v/m
  Vertalings:   2. Gelooide diervel
Engels: leather(en)
Nederlands: leer(nl) o, leder(nl) o
  Vertalings:   3. Haakplek
Engels: ladder(en), run(en)
Nederlands: ladder(nl) v/m
  Vertalings:   4. Teorie of doktrine
Engels: doctrine(en), lore(en)
Nederlands: leer(nl) v/m
Studente wat besig is om te leer.
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  leer 
Verlede Tyd  ek   het geleer      

Open book 01.png Werkwoord

   Crystal Clear app kedit.svg Betekenisse

  1. Kennis en vaardighede verwerf; aanleer; in die geheue opneem en jou eie maak.
  2. Kennis en vaardighede oordra; onderrig; les gee.
  3. 'n Kous wat skeur.

   Emojione 1F4DA.svg Voorbeeldsinne

  1. Ek skryf môre eksamen en sal moet leer.
  2. Ek sal jou leer hoe die storie werk.
  3. My kous het geleer.

   Nuvola apps gaim.png Spreekwoorde

Nood leer bid (moeilikheid maak mens vindingryk).
Ek moet hom die abc leer ('n onkundige persoon met elementêre dinge help).
In nood leer 'n mens jou vriende ken (ware vriende staan mens in moeilike tye by).
Jy wil jou ouma die paplepel leer vashou ('n ervare persoon probeer wysmaak).

   Gnome-globe.svg Vertalings

  Vertalings:   1. Kennis en vaardighede verwerf
Engels: learn(en), study(en)
Nederlands: leren(nl)
  Vertalings:   2. Kennis en vaardighede oordra
Engels: teach(en)
Nederlands: leren(nl), onderwijzen(nl)
  Vertalings:   3. Kous wat skeur
Engels: run(en)
Nederlands: ladderen(nl)

Noia 64 apps xeyes.png Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor leer.


Duits (de)

Stellend Vergrotend Oortreffend
leer leerer am leersten
Verdere verbuigings: leer (verbuiging)

Nuvola apps edu languages.png Uitspraak

Hulp:IPA: [leːɐ̯]
  Nuvola apps amarok.png 
(lêer)

Open book 01.png Byvoeglike naamwoord

   Crystal Clear app kedit.svg Betekenisse

Leeg


Nederlands (nl)

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord leer o

Nuvola apps edu languages.png Uitspraak

Hulp:IPA: [lɪːr]
  Nuvola apps amarok.png 
(lêer)

Open book 01.png Selfstandige naamwoord

   Crystal Clear app kedit.svg Betekenisse

(kleding)Leer, materiaal wat van die vel van beeste, bokke ens. vervaardig word.

   Noatunloopsong.png Sinonieme

leder

   Nuvola apps tree.svg Afgeleide woorde

leren, lederen

   Arrow Blue Down 001.svg Hiponieme

juchtleer, schaapsleer
Enkelvoud Meervoud
Naamwoord leer v/m leren 
Verkleinwoord leertje leertjes

Open book 01.png Selfstandige naamwoord

  1. Trap, Leer
  2. Leer, wat geleer word, teorie.

Open book 01.png Werkwoord

   Crystal Clear app kedit.svg Betekenisse

  1. eerste persoon enkelvoud teenwoordige tyd van leren
  2. (by inversie) tweede persoon enkelvoud teenwoordige tyd van leren
  3. gebiedende wys van leren

   Emojione 1F4DA.svg Voorbeeldsinne

1.: Ik leer.
2.: Leer je?
3.: Leer!