skree

Afrikaans (af)
Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
---|---|---|
Teenwoordige Tyd | ek | skree |
Verlede Tyd | ek | het geskree |
Werkwoord
Betekenisse
- Gil; hardop uitroep, dikwels 'n gevolg van pyn, angs, skrik of woede.
- 'n Babatjie wat hardop huil.
- (dieregeluid) Die geluid wat jakkalse, kiewiete of sonbesies maak.[1]
Voorbeeldsinne
- Hy skree soos 'n meisie toe die baksteen op sy toon val.
- Die babatjie skree verskriklik.
- 'n Jakkals skree in die nag.
Wisselvorme
Spreekwoorde
- Moord en brand skree (baie lawaai maak).
- Moenie hoera skree voor jy oor die brug is nie (moenie te bly raak as jy nog nie die uitslag gekry het nie).
Vertalings
Vertalings: 1. Gil, uitroep. | |||
---|---|---|---|
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
skree | — |
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- 'n Harde gil.
Voorbeeldsinne
- Toe sy die muis sien, gee sy een skree en hardloop weg.
Vertalings
Vertalings: | |||
---|---|---|---|