deeltjie

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  deeltjie     deeltjies  

Etimologie

Verkleiningsvorm van deel.

Woordafbreking

deel•tjie

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

1. ’n Baie klein stukkie materie, ’n fragment; veral die kleinste deel van iets.
2. (fisika) Enige van verskeie voorwerpe waaruit ’n atoom bestaan; ’n elementêre deeltjie of subatomiese deeltjie.

    Voorbeeldsinne

  1. Hiedie lugbesoedelende deeltjies het verskillende strukture volgens hulle samestelling, oorsprong van vorming en grootte.[1]
  2. Die deeltjies waaruit materie bestaan verskil in elkeen van hierdie toestande.[2]

    Sinonieme

partikel

    Vertalings

  Vertalings:    deeltjie
Duits: Partikel(de), Teilchen(de)
Engels: particle(en)
Frans: particule(fr)
Nederlands: deeltje(nl)
Russies: части́ца(ru) (tsjastitsa)
Turks: parçacık(tr)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor deeltjie.