(plante) Naam gegee aan verskillende soorte veldblomme van die geslagte Gladiolus (fam. Iridaceae) en Homoglossum (fam. Iridaceae), soos die rooiafrikaner, ens.
(plante) Naam gegee aan sekere aandblom- en pypiesoorte, soos die bruinaandblom, geelaandblom, rooiaandblom en die rooipypie, rooibergpypie en witpypie.
(plante) Naam gegee aan verskillende eenjarige blomkruidgewasse van die geslag Tagetes (fam. Compositae).
(dierkunde) Geharde, inheemse beesras, gekenmerk deur sy rooi of geelbruin kleur, kort, gladde hare, weglêhorings en ’n hoë skof.