Gaan na inhoud

blaker

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Twee kopere blakers
Sedert 1317 opgeteken in Middelnederlands. Frekwentatief van blaken (gloei)[1], soos in blakende gesondheid.
Enkelvoud Meervoud
  blaker    blakers  
   
(lêer)
bla•ker
  1. Houer vir 'n kers
  2. Sitvlak, agterstewe
Tydvorm Persoon Woordvorm  
Teenwoordige Tyd  ek blaker  
Verlede Tyd  ek  het geblaker    
Teenwoordige deelwoord blakerend, blakerende   
Verlede deelwoord geblakerd, geblakerde   
  1. Deur blootstelling aan hitte verkool of skroei
  2. Met vuur bewerk om dit te laat krom trek
  3. Vurige woorde spreek; luid wees
  1. ‘Heerlik mooi ferhef sig d'yland,
    Soos 'n pêrel der natuur,
    Deur di wester son geblaker,
    In di late middaguur.[2]
  2. 'n Mens blaker die duie van 'n vat om dit te laat krom trek.[3]
  3. Toe die kinders vra, het sy geblaker, 'dink die tandefeetjie is dalk 'n bietjie oorhang van gisteraand.'[4]
Uitblaker