burgeroorlog

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Die Eerste Slag van Bull Run tydens die Amerikaanse Burgeroorlog.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  burgeroorlog     burgeroorloë    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  burgeroorloggie     burgeroorloggies  

Uitspraak

   
(lêer)

Etimologie

Samestelling van burger en oorlog.

Woordafbreking

bur•ger•oor•log

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

Oorlog tussen die burgers van 'n land; gewapende stryd tussen twee of meer bevolkingsgroepe in dieselfde land of ryk.

    Voorbeeldsinne

'n Burgeroorlog kan met 'n bloedbad of selfs volksmoord gepaardgaan.
Burgeroorloë word dikwels om godsdienstige, etniese of politieke redes gevoer, maar is soms slegs 'n stryd tussen mededingende groepe.

    Hiperonieme

oorlog

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: civil war(en)
Nederlands: burgeroorlog(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor burgeroorlog.