Gaan na inhoud

duik

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
[1] 'n Duiker wat in die see duik.
[2] Persoon wat deur die lug in die water in duik.
[3] Die kar het 'n duik bokant sy voorwiel.
Enkelvoud Meervoud
  duik     duike    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  duikie     duikies  
duik
  1. Handeling om met die kop na benede deur lug of water te beweeg.
  2. Blitsig met uitgestrekte arms deur die lug trek om iets te vang, iemand grond toe te dwing of onder iets (soos water) in te beweeg.
  3. Vervorming van 'n oppervlak wat 'n holte laat; merk of laagte waar gestamp is.
  1. Die simptome van borrelsiekte word soms eers 'n ruk na die duik waargeneem.
  2. Die rugbyspeler voer 'n skitterende duik uit.
  3. Die motor se modderskerm het 'n duik in.

    Vertalings

  Vertalings:   1. Handeling om met die kop na benede deur lug of water te beweeg.
Engels: dive(en)
Nederlands: duik(nl)
  Vertalings:   3. Holte in opppervlak
Engels: dent(en)
Nederlands: deuk(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  duik 
Verlede Tyd  ek   het geduik        
  1. Met jou kop na benede deur lug of water beweeg.
  2. Blitsig met uitgestrekte arms deur die lug trek.
  3. Vervorming van 'n oppervlak wat 'n holte laat.
  1. Ons gaan die naweek duik, kom jy saam?
  2. 'n Rugbyspeler kan sy opponent duik of op die bal duik om 'n drie te druk.
  3. Moenie die blik duik nie.

    Vertalings

  Vertalings:   1. Na benede beweeg
Engels: dive(en)
Nederlands: duiken(nl)
  Vertalings:   3. 'n Oppervlak vervorm
Nederlands: deuken(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor duik.


Enkelvoud Meervoud
Naamwoord duik m duiken 
Verkleinwoord duikje duikjes
Hulp:IPA: [dœy̯k]
   
(lêer)
Duik; met jou kop na benede beweeg
  1. eerste persoon enkelvoud teenwoordige tyd van duiken
  2. (by inversie) tweede persoon enkelvoud teenwoordige tyd van duiken
  3. gebiedende wys van duiken
1.: Ik duik.
2.: Duik je?
3.: Duik!