Gaan na inhoud

nes

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Voëlnessies.
Enkelvoud Meervoud
  nes    neste    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  nessie     nessies  
Sametrekking van "net as". Vergelyk ook "soos" (van "so as").
   
(lêer)
  1. (biologie) Tuiste van 'n dier (soos 'n voël, insek of ander klein diertjies).
  2. (figuurlik) Skuilplek van rowers; plek waar ongure karakters uithang en onwettige bedrywighede plaasvind.
  3. (figuurlik) Plek wat baie vuil en deurmekaar is.
  1. Dié kuiken en sy hele nes het ná 'n storm uit die boom geval.
  2. Die polisie is ingestuur om die misdadigers se nes op te ruim.
  3. Jou kamer lyk soos 'n nes, maak dit onmiddellik aan die kant.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: nest(en)
Frans: nid(fr)
Nederlands: nest(nl) o, vogelnest(nl) o
Voegwoord
nes
  1. Soos; net soos iets anders.
  2. Sodra; na iets gebeur het.
  1. Nes jy, is ek klaar met skool. Fjodor is nes sy pa ’n vroom man en is die eerste Russiese tsaar wat Westerse klere dra.
  2. Jy moet skiet nes hy omdraai.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: like(en), as soon as(en)
Nederlands: zoals(nl)