as

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  as      

Uitspraak

IPA: [ɑs]

Met Arabiese letters

اَسْ

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

Oorskot, oorblyfsel van verbranding.

    Voorbeeldsinne

Die as val van haar sigaret af.
Hy wil sy as in die bosveld laat strooi.

    Vertalings

  Vertalings:    as
Deens: aske(da)
Duits: Asche(de)
Engels: ash(en), cinders(en)
Faroëes: øska(fo)
Frans: cendre(fr)
Goties: 𐌰𐌶𐌲𐍉(got) (azgō)
Limburgs: esj(li)
Luxemburgs: Äschen (lb)
Nederlands: as(nl)
Noors (Boekmaal): aske
Noors (Nieu-): oske(nn)
Noors (Oud-): aska
Sweeds: aska(sv)
Yslands: aska(is)
Enkelvoud Meervoud
  as     asse  

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

1. Spil, stang of staaf waarom of waarop 'n wiel draai.
2. Lyn waarom iets beweeg.

    Voorbeeldsinne

Die kar se as het gebreek.
Die aarde draai om sy as.

    Vertalings

  Vertalings:    as
Duits: 1, 2 Achse(de)
Engels: 1 axle(en); 2 axis(en)
Goties: 1, 2 𐌰𐌷𐍃𐌰(got) (ahsa)
Nederlands: 1, 2 as(nl)


Voegwoord
as

Voegwoord

    Betekenisse

1. Ingeval, op voorwaarde dat, indien.
2. Wanneer, sodra.
3. Soos.
4. In die hoedanigheid van, synde

    Voorbeeldsinne

1.: As dit maar die waarheid was.
2.: As die wind opkom raak dit koud.
3.: Sy is korter as haar sussie.
4.: Hy het as voorsitter opgetree.

    Sinonieme

indien

    Vertalings

  Vertalings:   1. Ingeval, op voorwaarde dat, indien.
Duits: wenn(de), falls(de)
Engels: if(en)
Nederlands: als(nl)
  Vertalings:   2. Wanneer, sodra.
Duits: wenn(de)
Engels: when(en)
Nederlands: wanneer(nl), als(nl)
  Vertalings:   3. Soos.
Duits: 3 wie(de); als(de)
Engels: like(en); as(en); than(en)
Nederlands: als(nl); dan(nl)
Russies: чем(ru) (tsjem)
  Vertalings:   4. In die hoedanigheid van, synde
Duits: als(de)
Engels: as(en)
Nederlands: als(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor as.


Nederlands (nl)

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord as v/m

Spelling tot 1934

asch, meervoud: aschen

Uitspraak

IPA: [ɑs], meervoud: [ˈɑsə(n)]
(lêer)

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

As, oorskot, oorblyfsel van verbranding.
Enkelvoud Meervoud
Naamwoord as v/m assen

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. As, spil, stang of staaf waarom of waarop 'n wiel draai.
  2. As, lyn waarom iets beweeg.