Gaan na inhoud

oes

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
'n John Deer-trekker wat tydens oestyd gebruik word.
Enkelvoud Meervoud
  oes    oeste    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  oesie     oesies  
  1. (landbou) Ryp gewasse van die land afhaal; insameling van vrugte en gesaaides.
  2. (figuurlik) Opbrengs behaal met; die wins van arbeid.
  1. Die oes is in volle swang. Die planeet Ceres se naam is afgelei van die Romeinse godin van groeiende plante, die oes en moederlike liefde.
  2. Die oes is besonder ryk die jaar.

    Vertalings

  Vertalings:    oes
Engels: harvest(en), crop(en)
Nederlands: oogst(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek oes 
Verlede Tyd  ek  het geoes        
  1. (landbou) Gewasse van die land afhaal (insamel, maai, pluk, ens).
  2. (figuurlik) As reaksie kry.
  1. Ons is besig om koring te oes. Die landbou-aktiwiteite is geleidelik uitgebou, en reeds in 1659 is die eerste wyndruiwe geoes.
  2. Sy pragtige solo oes 'n luide applous.
«Op iemand se stoppels oes
Vry na 'n meisie wat deur iemand anders afgesê is.
«Wie wind saai, sal storm oes
Wie kwaad stig, kry dit dikwels dubbel terug. Wie oproer verwek, word die slagoffer daarvan.

    Vertalings

  Vertalings:    oes
Engels: reap(en), gather(en), earn(en)
Nederlands: oogsten(nl)
Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   oes    oes       
Vergrotend   oeser     
Oortreffend   oesste  


Wat sleg lyk of voel; onaangenaam of sleg.
Wat 'n oes mens!

    Vertalings

  Vertalings:    oes
Engels: run-down(en)
Nederlands: afgetakeld(nl)
Bywoord
oes
Wat sleg lyk of voel.
Sy lyk maar oes, ek wonder wat fout is?

    Vertalings

  Vertalings:    oes
Engels: run-down(en)