paljas

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Paljasse.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  paljas     paljasse    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  paljassie     paljassies  

Etimologie

Van die Franse 'paillase', strooipop. Grapmakers is op 'n stadium soos voëlverskrikkers opgemaak, wat tot die moderne betekenis van "nar" gelei het. Die woord “hanswors” kom van die Duitse woord “hanswurst”, terwyl die woord paljas ook 'n Nederlandse woord vir 'n hanswors is, wat sy oorsprong in Frans het.[1] Paljas as 'n toormiddel is van die Maleise woord 'peljas' ontleen.

Uitspraak

Hulp:IPA: [ˈpɐl.jɐs]

Woordafbreking

pal•jas

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. 'n Hanswors of nar; iemand in verspotte drag wat mense met toertjies en grappies vermaak.
  2. 'n Toormiddel of doepa.

    Voorbeeldsinne

  1. Die paljas vermaak die kinders by die sirkus.
  2. Agapanthus is o.a. vir paljas en medisyne gebruik.

    Vertalings

  Vertalings:    paljas
Engels: jester(en), fool(en), clown(en)
Nederlands: paljas(nl)

Verwysings