rampokker

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  rampokker     rampokkers  

Etimologie

Uit Nederlands rampokker (1935), 'n afleiding van rampokken (1739) 'met 'n bende roof en plunder'.[1]

Woordafbreking

ram•pok•ker

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

(pejoratief) Pleger van gewapende roof; plunderaar; rower; misdadiger; lid van 'n straatbende.

    Voorbeeldsinne

Teen daardie tyd het die rampokkers hulself lankal uit die voete gemaak.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: gangster(en), thug(en)
Nederlands: rampokker(nl)


Nederlands (nl)

Etimologie

Sedert 1739; van Maleis rampok 'rowerbende'.[2]
Enkelvoud Meervoud
Naamwoord rampokker m rampokkers

Uitspraak

Hulp:IPA: [ˈrɑm.pɔ.kər]

, [rɑm.ˈpɔ.kər]

   
(lêer)

Woordafbreking

ram•pok•ker

Selfstandige naamwoord

(pejoratief) opstandeling, bendelid, lid van die Indonesiese magte wat vir onafhanklikheid veg
«Waar het woord 'rampokker' gebezigd wordt, is de betekenis altijd negatief en dehumaniserend.[3]»
Waar die woord 'rampokker' gebruik word, is die betekenis altyd negatief en dehumaniseer dit.

Verwysings

  1. Etimologiewoordeboek van Afrikaans: Supplement, WAT, Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, 2003, ISBN 978-0-9584401-3-4
  2. Etymologiebank
  3. Rudy Richardson & Rene' Moelker Wat Veteranen Vertellen: Verschillende Perspectieven Op Verhalen over Ervaringen Tijdens Militaire Operaties, Amsterdam University Press, 2010 ISBN 9085550343, ISBN 9789085550341 bls. 72