seekoei

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
'n Seekoei.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  seekoei     seekoeie    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  seekoeitjie     seekoeitjies  

Uitspraak

   
(lêer)

Etimologie

Heel oorspronklik vanaf Grieks: ἱπποπόταμος hippopotamos, waar hippos "perd" en potamos "rivier" beteken, wat vryelik in die Middeleeue oorvertaal is na "rivierpaard" en daarna as "nijlpaard"[1], en in Duits Nilpferd of Wasserpferd (argaïes) geword het. Die naam "seekoei" was reeds by die Nederlandse volksplanting in Suid-Afrika deel van die Koloniaal-Nederlandse taalskat, soos opgeneem in die Daghregister van Jan van Riebeeck[2] (as zeekoe op 26 Oktober 1652) en die Duitse sjirurg Johann Schreyer se reisverhaal, Neue Ost-Indianische Reisz-Beschreibung (1681). Schreyer beskou die benaming "Seekuh" egter as foutief.[3]

Woordafbreking

see•koei

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

(soogdiere) 'n Groot, oorwegend plantetende Afrika-soogdier, een van slegs twee bestaande spesies in die familie Hippopotamidae.

    Spreekwoorde

Net die oortjies van die seekoei (net die punt van die ysberg; dis nog niks; dis maar nog net die begin(punt); net die begin van die probleme; 'hef aan' lê nog voor; dien as aanduiding van die probleem.).

    Afgeleide woorde

seekoeibul, seekoeiooi, seekoeikalf

    Vertalings

  Vertalings:    seekoei
Engels: hippopotamus(en)
Nederlands: nijlpaard(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor seekoei.

Verwysings

  1. Nederlands etymologiebank.nl s.v. nijlpaard
  2. Nederlands etymologiebank.nl s.v. zeekoe
  3. Duits bl. 80 Das Wasser-Pferd / welches hier unrecht eine Seekuh genennet wird / ist auch ein sehr groß und schweres Thier...