smeltkroes

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
'n Smeltkroes met vloeibare metaal.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  smeltkroes     smeltkroese  

Uitspraak

Hulp:IPA: [ˈsmɛlt.krus]

Woordafbreking

smelt•kroes

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. (metallurgie) Vuurvaste pot waarin metale gesmelt en gemeng word.
  2. Plek waar heterogene mense of dinge meng.
  3. (figuurlik) 'n Moeilike of pynlike ervaring wat verfyn (waarna mens beter anderkant uitkom).

    Voorbeeldsinne

  1. Geelkoper word vervaardig deur kalamyn en koper saam in 'n smeltkroes te smelt.
  2. Vandag is Johannesburg 'n smeltkroes van tale en kulture wat steeds nuwe aankomelinge van dwarsoor Afrika lok.
  3. Deur hierdie smeltkroes het die Here hom net al hoe meer geheilig vir sy werk.

    Spreekwoorde

«Deur die smeltkroes gaan.»
'n Veeleisende ondervinding deurmaak. Beproef word.

    Vertalings

  Vertalings:    smeltkroes
Engels: crucible(en), melting pot(en)
Malgassies: memy(mg)
Nederlands: smeltkroes(nl)