huil

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Huil.

Afrikaans (af)

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  huil 
Verlede Tyd  ek   het gehuil    
Teenwoordige deelwoord huildende     

Woordafbreking

huil

Werkwoord

    Betekenisse

  1. Traanvog afskei, meestal weens verdriet (en soms ook vreugde).
  2. (dieregeluid) Die geluid wat 'n wolf, hond of hiëna maak.
  3. 'n Lawaai maak; raas.

    Voorbeeldsinne

  1. Die dogtertjie huil ontroosbaar.
  2. 'n Wolf huil in die verte.
  3. Die wind huil en fluit deur die krake in die mure.

    Spreekwoorde

«Krokodiltrane huil.»
Vals wees.
Van lag kom huil ('n waarskuwing teen lawaaierige pretmakery).
Lang trane huil (spyt wees oor iets).
Trane met tuite huil (bitterlik, ontroosbaar huil).
Iets doen dat die byle huil (met groot inspanning doen).
Blaf saam met die honde en huil saam met die wolwe (tweegesig wat met verskillende menings saamstem).
As twee ruil, moet een huil (met 'n ruiltransaksie trek een altyd aan die kortste end).
Moet is dwang, huil is kindergesang (mens hoef nie noodwendig iets te doen as 'n kind kerm of daarom vra nie).

    Sinonieme

grens, ween, tjank

    Antonieme

lag

    Vertalings

  Vertalings:    huil
Engels: cry(en), weep(en), howl(en)
Nederlands: huilen(nl)