maalstroom

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
'n Maalstroom.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  maalstroom     maalstrome    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  maalstroompie     maalstroompies  

Etimologie

Sedert 1584 uit vroeë Nieu-Nederlands as 'maelstroom' bekend in 'n beskrywing van 'n getystroom in Noorweë -die Moskenstraumen-, later algemeen vir draaikolk. Die woord is in talle ander tale oorgeneem, byv. as malstrøm in Deens en vanuit Deens as maëlstrom in Frans. [1]

Woordafbreking

maal•stroom

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. Ronddraaiende stroom; water (of ander vloeistof) wat maal- en kolkbewegings maak.
  2. (figuurlik) Woelige en moeilik omkeerbare omstandighede; turbulente loop van gebeure.

    Voorbeeldsinne

  1. Sterrekundiges het deur middel van infrarooi-fotografie gewys dat Saturnus 'n warm poolse maalstroom het.
  2. So beland hy in die maalstroom van 'n ongelukkige huwelik en 'n buite-egtelike verhouding, wat kort voor lank dreig om sy lewe uitmekaar te skeur.

    Verwante woorde

draaikolk, maalgat

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: maelstrom(en)
Frans: maëlstrom(fr) m
Nederlands: maalstroom(nl)

Verwysings