Gaan na inhoud

marathon

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
[1] Atlete wat 'n marathon hardloop.
Enkelvoud Meervoud
  marathon     marathons  
Van die stad Marathon, noordoos van Athene. Volgens oorlewering het 'n boodskapper 42 km vanaf Marathon tot in Athene gehardloop om nuus van 'n Griekse oorwinning oor die Perse te bring. Ná die tog het hy van uitputting inmekaargestort en gesterf.
ma•ra•thon
  1. (sport) 'n Wedloop oor 'n afstand van 42.2,195 km (26 myl en 385 treë).
  2. (figuurlik) Enige gebeurtenis wat lank aanhou of wat uithouvermoë verg.
  1. Vir meeste hardlopers is die marathon die langste wedren wat hulle ooit aandurf.
  2. Die vergadering was 'n marathon wat tot die vroeë oggendure geduur het.
maraton

    Vertalings

  Vertalings:    marathon
Engels: marathon(en)
Nederlands: marathon(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor marathon.