Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
- Hulp:IPA: [pɑːp]
- (palindroom) (voeding) Sagte kos van 'n graanproduk soos meel wat meestal saam met melk vir ontbyt genuttig word.
- Iets wat aan pap herinner.
- In Europa was pap vir sowat sewe eeue lank die stapelvoedsel van die oorgrote meerderheid van die bevolking.
- Meng tot 'n pap en wend aan.
- «As dit pap reën, moet jy skep.»
- Gryp elke geleentheid aan.
- «Jy maak die pap te dik aan.»
- Iets erg oordryf.
- «Hy praat of hy pap in sy mond het.»
- Onduidelik praat.
- «Sy wil ook 'n hap van die pap hê.»
- Wil ook voordeel uit die saak trek.
- «As die pap dik is, brand dit aan.»
- As 'n persoon te veel met 'n ander omgaan, kan dit tot kwaaivriendskap lei.
- «Om iets draai soos 'n kat om warm pap.»
- Iets baie graag wil hê, maar skrikkerig wees om dit te neem.
- «Pap word altyd warmer gekook as wat dit geëet word.»
- 'n Saak word dikwels erger gemaak as wat dit is.
- «Van die hand (lepel) na die mond val die pap op die grond.»
- Moet nooit te seker van 'n saak wees nie. Dinge kan op die laaste oomblik nog verkeerd gaan.
- mieliepap, maltabellapap hawermoutpap
- Baie sag, selfs loperig.
- Swak en sonder krag; uitgeput.
- Die perske is pap.
- Sy is maar pap na die operasie.
Meer inligting
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor pap.