skoen

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
'n Skoen met veters.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  skoen     skoene    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  skoentjie     skoentjies  

Etimologie

Sedert 1240 in Middelnederlands as scoe opgeteken. Die stam "skoe" is reeds in die 10de eeu in Oudnederlands as gescue (geskoeide) bekend. Die slot-n van skoen is dalk 'n meervoud of 'n verbuigingsvorm. Die stam kan van Proto-Germaans *skōha- herlei word en word in talle Germaanse tale teruggevind. Dit word dikwels vergelyk met Proto-Indo-Europees *skōuH-ko- vam die wortel *(s)keu(H)- ("bedek, verhul") maar die u-klinker daarvan is problematies..[1]

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

(kleding) Skoeisel vir voete; bekleedsel om die voete te beskerm en warm te hou.

    Voorbeeldsinne

Skoene beskik meesal oor 'n hak en bedek net die voet, maar daar is baie vorme en style wat ook aan mode onderhewig is.

    Hiponieme

kinderskoen, houtskoen, hoëhakskoen, stewel, veiligheidsstewel

    Uitdrukkings

«Iemand iets in die skoene skuif»
Probeer om iemand die skuld te gee.
«As die skoen pas, moet jy hom maar aantrek.»
Maak wat jy sê maar op jouself van toepassing.
«Elkeen weet die beste waar die skoen hom/haar druk»
Elkeen ken sy eie moeilikhede die beste
«Te groot vir sy skoene wees.»
Homself ouer voorhou as wat hy is.
«'n Myl in iemand se skoene loop.»
Moenie iemand veroordeel nie voordat jy weet waaroor jy praat.
«Ek sou nie graag in sy skoene staan nie.»
Iemand nie vir sy situasie beny nie.

    Vertalings

Verwysings

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor skoen.