uitvoer

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  voer uit   
(in bysin)   ... dat ek  uitvoer 
Verlede Tyd  ek   het uitgevoer    
Teenwoordige deelwoord uitvoerende     

Woordafbreking

uit•voer

Werkwoord

    Betekenisse

  1. (ekonomie) Aan 'n ander land verkoop.
  2. Iets doen; 'n taak verrig; voltrek.
  3. Voering insit.

    Voorbeeldsinne

  1. Suid-Afrika moet meer verwerkte goedere en minder rou materiale uitvoer.
  2. Die wetenskaplike voer eksperimente uit. Jy moet hierdie program op jou rekenaar uitvoer.
  3. Die lap is met kant uitgevoer.

    Antonieme

1. invoer

    Vertalings

  Vertalings:    uitvoer
Engels: export(en), execute(en)
Nederlands: uitvoeren(nl)
Enkelvoud Meervoud
  uitvoer     uitvoere  

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. (ekonomie) Aan 'n ander land verkoop; eksporteer.
  2. (rekenaarwetenskap) Die afvoer of lewering van 'n stelsel na die invoer verwerk is.
  3. (tegniek) 'n Pypleiding wat 'n vloeistof of gas na buite lei.
  4. Die verwerkliking van iets.

    Voorbeeldsinne

  1. Maputo beskik oor 'n moderne hawe, wat onder meer die uitvoer van steenkool, katoen, suiker, chroom, sisal, kopra en hardehout hanteer.
  2. Die uitvoer is in drie formate (PDF, Excel en ASCII) beskikbaar.
  3. Die afwaswater se uitvoer is verstop, wat tot 'n klein oorstroming lei.
  4. Daarmee het dit oorbodig geword om die plan ten uitvoer te bring.

    Antonieme

1. invoer

    Vertalings

  Vertalings:    uitvoer
Engels: export(en), output(en)
Nederlands: uitvoer(nl)