Gaan na inhoud

waterdraer

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Sien ook Waterdraer
Enkelvoud Meervoud
  waterdraer     waterdraers  
water +‎ draer
Hulp:IPA: [ˈvɑːtərdrɑər]
   
(lêer)
wa•ter•dra•er
  1. 'n Persoon wat water dra
  2. 'n Persoon wat se sterreteken Waterdraer is
  3. (biologie) 'n Mannetjiesby
  4. (geologie) 'n Formasie met hoë porositeit en deurlaatbaarheid wat as ondergrondse opgaardam vir water dien
  1. Tydens die toer van die Britse en Ierse Leeus in Suid-Afrika is die pan toegelaat om drie waterdraers tydens die wedstryde te gebruik.[1]
  2. Is jy 'n waterdraer?
  3. Die waterdraer is die manlike geslag en het geen ander doel as om met 'n nuwe koningin of 'n koningin van 'n ander swerm te paar nie. Die naam waterdraer is miskien 'n bietjie misleidend, aangesien dit die werker bye is wat water na die swerm toe sal bring en nie die waterdraer nie.[2]
  4. Stampriet-waterdraer reeds 'besoedel'.[3]

    Sinonieme

  1. .
  2. Akwarius
  3. Dar
  4. Akwifer

    Vertalings

  Vertalings:   1. Iemand wat water dra
Engels: water carrier(en)
Nederlands: waterdrager(nl) m
  Vertalings:   2. Iemand wat se sterrebeeld Waterdraer is
Engels: aquarius(en)
Nederlands: waterman(nl) m
  Vertalings:   3. Mannetjiesby
Engels: drone(en)
Nederlands: dar(nl) m
  Vertalings:   4. Akwifer
Engels: aquifer(en)
Nederlands: aquifer(nl) m