Kategorie:Inergatiewe werkwoorde in Nederlands

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Inergatiewe en ergatiewe werkwoorde word dikwels saam onoorganklike werkwoorde genoem, maar in Nederlands is die verskil tussen die twee groepe taamlik duidelik.

Inergatiewe werkwoorde:

  • stel handelinge voor, nie prosesse nie
  • het geen lydend voorwerp nie
    • de hond blaft (niks)
  • kan onpersoonlike lydende vorme het
    • er wordt geblaft
  • met 'n agens-bepaling met door
    • er wordt door de hond geblaft
  • die hulpwerkwoord van die voltooide tye is hebben.
    • De hond heeft geblaft
  • het 'n voltooide deelwoord wat net werkwoordelik gebruik word en geen attributiewe, naamwoordelike gebruik ken nie
    • Het geblafte ding

Werkwoorde van beweging[wysig]

'n Spesiale groep is die werkwoorde van beweging, wat inergatief is indien die beweging 'n ongerigte handeling is

  • Ik heb vandaag veel gelopen

Hulle is ergatief indien die beweging 'n proses met 'n rigting is:

  • Ik ben naar huis toe gelopen.

Bladsye in kategorie "Inergatiewe werkwoorde in Nederlands"

Die volgende 25 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 25.