hark

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
'n Hark

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  hark     harke  

Etimologie

Sedert 1384 in Middelnederlands as harke opgeteken, maar die woord is Noord-Nederlands en het eers later in Vlaandere deurgedring. Dit gaan moontlik terug op Proto-Germaans *hrōka, dalk 'n klanknabootsende woord, maar dié herkoms is onseker.[1]

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

(gereedskap) Implement met tande en 'n lang steel om grond gelyk te maak of dinge (soos gras, blare, hooi, ens) bymekaar te skraap.

    Voorbeeldsinne

Beddings in tuine word gewoonlik met handgereedskap soos harke en skoffels bewerk.

    Vertalings

  Vertalings:    hark
Engels: rake(en)
Nederlands: hark(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  hark 
Verlede Tyd  ek   het gehark        

Werkwoord

    Betekenisse

Met 'n hark bewerk.

    Voorbeeldsinne

Hark die blare op voordat jy skool toe gaan.

    Vertalings

  Vertalings:    hark
Engels: raked(en)
Nederlands: harken(nl)

Verwysings

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor hark.


Nederlands (nl)

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord hark v/m harken 
Verkleinwoord harkje harkje

Uitspraak

Hulp:IPA: [ɦɑrk]
   
(lêer)

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. (gereedskap) Hark
  2. (pejoratief) 'n Stywe, onhandige persoon

Werkwoord

    Betekenisse

  1. eerste persoon enkelvoud teenwoordige tyd van harken
  2. (by inversie) tweede persoon enkelvoud teenwoordige tyd van harken
  3. gebiedende wys van harken

    Voorbeeldsinne

1.: Ik hark.
2.: Hark je?
3.: Hark!