hef

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Etimologie

Die werkwoord is sedert 10e eeu in Oudnederlands bekend as hevon (verhef, ophef).[1]
Die naamwoord is sedert 1240 in Middelnederlands bekend as hegte of hecht, 'n newevorm van heft wat later (1470) voorkom.[2]

Uitspraak

   
(lêer)

Werkwoord

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  hef 
Verlede Tyd  ek   het gehef        

    Betekenisse

Om belasting, tolgeld, rente ens. op te lê

    Voorbeeldsinne

Rente kan nie op lenings gehef word indien die werkgewer nie as ‘n kredietverskaffer geregistreer is en nie aan die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 kan voldoen nie.[3]

    Afgeleide woorde

verhef, ophef, aanhef, onthef
heffing, hefboom

    Vertalings

  Vertalings:    hef
Engels: levy(en)
Nederlands: heffen(nl)
Enkelvoud Meervoud
  hef     hefte, hewwe  

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

Handvatsel van 'n mes

    Voorbeeldsinne

Hulle het oë wat op vere gemonteer is, wat wip wanneer die messe selfs die kleinste bietjie beweeg, en die onderskeidelik spiraalvormige en wingerdmotief uitgekerfde hefte, geskarrelde houtskerm en rooigeverfde skede vir die groot mes, en die wag gemaak van 'n Yunnan-provinsie pennie vir die kleiner mes, voeg verder by tot die aanloklike aura van hierdie stukke.[4]

    Holonieme

Mes

    Uitdrukkings

Die hef in die hande hê
Die mag hê, baas wees

    Vertalings

  Vertalings:    hef
Engels: haft(en), handle(en)
Nederlands: heft(nl) o

Verwysings