kombers

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
'n Kat op 'n kombers op 'n bank.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  kombers     komberse    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  kombersie     kombersies  

Etimologie

Waarskynlik 'n verbastering van die Portugese woord coberta, 'bedekking vir 'n bed'.[1]

Woordafbreking

kom•bers

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. Sagte beddegoed waaronder geslaap word/ om 'n persoon warm te hou.
  2. (figuurlik) 'n Dik bedekking oor iets.

    Voorbeeldsinne

  1. As dit koud is kruip ek graag onder my kombers in.
  2. Die wolke hang soos 'n kombers oor Tafelberg.
Wi val vier-stewels in die lug,
Toen hy van daar het weggevlug
Kombêrs en ketel op die rug?
Jan Boel.[2]

    Verwante woorde

deken, duvet, laken, kussing

    Afgeleide woorde

bersie

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels blanket(en)
Nederlands deken(nl)

Verwysings

  1. Botha, Willem: Die WAT en etimologie: Word die kringloop voltooi?, Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Stellenbosch.
  2. Klein Jan in De Standaard 1 Mei 1884