Gaan na inhoud

bot

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Enkelvoud Meervoud
  bot     botte    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  botjie     botjies  
   
(lêer)
bot
  1. (anatomie) 'n Stuk gemineraliseerde beenweefsel; element van die skelet
  2. (visse) 'n Platvis op Wikispecies Platichthys flesus
  1. Kalsiumfosfaat gee bot die fermheid daarvan.[1]
  2. Gebraaide bot is 'n gunsteling gereg van mense wat heerlike en voedsame kos geniet.[2]

    Vertalings

  Vertalings:   1. Gemineraliseerde weefsel
Engels: bone(en)
Nederlands: bot(nl) o
  Vertalings:   2. Platvis
Engels: flounder(en)
Nederlands: bot(nl) m
Enkelvoud Meervoud
  bot     bots  
(rekenaarwetenskap) Programma wat handelings outomatiseer
Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   bot              
  1. stomp, nie skerp nie
  2. naar, stuurs, onbeleef
  1. 'n Bot mes
  2. 'n Bot antwoord
Bywoord
bot
  1. naar, stuurs, onbeleef
  1. Iemand bot behandel
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  bot 
Verlede Tyd  ek   het gebot    
Teenwoordige deelwoord bottende     
(plantkunde) uitgroei (van knoppe)
  1. Die wingerde het oor die algemeen egalig gebot terwyl die druiwe oor ʼn lang tyd egalig ryp geword het – presies wat ʼn mens graag wil hê.[3]