trek

Afrikaans (af)
Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
---|---|---|
Teenwoordige Tyd | ek | trek |
Verlede Tyd | ek | het getrek |
Etimologie
- Sedert 1237 uit Middelnederlands bekend as trecken wat soms sterk en soms swak vervoeg word. Dit stam af van Proto-Germaans van die swakke kausatief *trakjan- asook van die sterke *trekan-. Beide is moeilik om uit Proto-Indo-Europees te herlei en is moontlik substraatwoorde.[1]
Werkwoord
Betekenisse
- 'n Krag op 'n voorwerp uitoefen sodat dit nader aan jou beweeg.
- Uithaal; verwyder.
- Uitdrukking van die gesig.
- 'n Lyn teken.
- Ander mense met iets interessants lok.
- Gelaatstrek; soos iemand (in jou familie) lyk.
- Verhuis; met jou besitting na 'n ander plek verkas.
Voorbeeldsinne
- Trek die bord nader voordat jy skep.
- Ons sal die tand moet trek. Trek geld van jou rekening.
- Moenie jou gesig so trek nie.
- Trek 'n streep onder die regte woord.
- Moenie so aandag trek nie.
- Jy trek baie na jou pa.
- Ons trek volgende week Kaapstad toe.
Vertalings
Vertalings: 1. Krag uitoefen | |||
---|---|---|---|
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
trek | trekke |
Verkleiningsvorm | |
Enkelvoud | Meervoud |
trekkie | trekkies |
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- 'n Rukbeweging na of weg van iets af.
- Eienskappe van jou ouers gekry.
- 'n Suigbeweging aan 'n sigaret of sigaar.
- Lugstroom; tog.
Betekenisse
- Jy kan die haartjie met een trek uitpluk.
- Nee, die trek kom van jou ma af.
- Die man gee 'n trek en gooi sy sigaar op die grond.
- Daar is 'n trekkie in die koue oggendlug.
Sinonieme
- 1. stoot
Vertalings
Vertalings: | |||
---|---|---|---|
Verwysings
Nederlands (nl)
Enkelvoud | Meervoud | |
---|---|---|
Naamwoord | trek m | trekken |
Verkleinwoord | trekje | trekjes |
Uitspraak
- Hulp:IPA: [trɛk]
-
(lêer)
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- Trek eienskap van jou ouers gekry.
- (biologie) Verandering van woongebied vanweë die seisoen.
- 'n Suigbeweging op 'n sigaret of sigaar.
- Eetlus, aptyt
Werkwoord
Betekenisse
- eerste persoon enkelvoud teenwoordige tyd van trekken
- (by inversie) tweede persoon enkelvoud teenwoordige tyd van trekken
- gebiedende wys van trekken
Voorbeeldsinne
- 1.: Ik trek.
- 2.: Trek je?
- 3.: Trek!
Kategorieë:
- Woorde in Afrikaans van lengte 4
- Retrograad van Afrikaans
- Woorde in Afrikaans
- Werkwoorde in Afrikaans
- Erfwoorde uit Proto-Germaans in Afrikaans
- Selfstandige naamwoorde in Afrikaans
- Woorde in Nederlands van lengte 4
- Woorde in Nederlands
- Selfstandige naamwoorde in Nederlands
- Woorde met oudio in Nederlands
- Biologie in Nederlands
- Werkwoordvorme in Nederlands