asteroïed

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
’n Asteroïde.


Afrikaans (af)

Etimologie

Van Antieke Grieks ἀστεροειδής (asteroeidḗs), van ἀστήρ (astḗr, “ster”) + εἶδος (eîdos, “vorm”); gevestig deur William Herschel, wat dié voorwerpe "steragtig" genoem het.

Woordafbreking

as•te•ro•ïed
Enkelvoud Meervoud
  asteroïed     asteroïde  

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. (sterrekunde) ’n Natuurlike soliede voorwerp wat kleiner as ’n planeet is, en nie ’n komeet is nie, wat om ’n ster wentel.
  2. (sterrekunde) In ons sonnestelsel, so ’n liggaam wat binne die wentelbaan van Jupiter wentel, veral tussen die wentelbane van Jupiter en Mars.[1]
Nota: Die term "asteroïed" is nie duidelik gedefinieer nie. Sommige sterrekundiges gebruik dit vir alle liggame wat kleiner as ’n planeet is en nie ’n komeet is nie; baie gebruik ander name vir sodanige voorwerpe wat verder as Jupiter se wentelbaan om die son wentel, soos sentoure, Kuipergordelvoorwerpe, trans-Neptunus-voorwerpe, ens. Ook die onderskeid tussen "asteroïed" en "komeet" is kunsmatig. Die Internasionale Astronomiese Unie gebruik sedert 2006 "klein sonnestelselvoorwerp" vir enige liggaam wat regstreeks om die son wentel en waarvan die vorm nie deur swaartekrag bepaal word nie.

    Wisselvorme

asteroïde
Enkelvoud Meervoud
  asteroïde     asteroïdes  

Woordafbreking

as•te•ro•ï•de

    Vertalings

  Vertalings:    asteroïed
Arabies: كُوَيْكِب(ar) (kuwaykib)
Duits: Asteroid(de)
Engels: asteroid(en)
Frans: astéroïde(fr)
Russies: астероид(ru) (asteroid)
Nederlands: asteroïde(nl)
Russies: астеро́ид(ru) (asterojid)}}
Spaans: asteroide(es)
Sweeds: asteroid(sv)

Verwysings

  1. Hannu Karttunen et al, Fundamental Astronomy, uitg. 5, 2007

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor asteroïed.