Gaan na inhoud

soek

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
'n Soek (s.nw.) op die eiland Djerba.
Die werkwoord is sedert die 10de eeu uit Oudnederlands bekend as suokan. Afkomstig van Proto-Germaans *sōkjan en Proto-Indo-Europees *seh2ǵ- '’n spoor volg'.[1]
Die naamwoord is in Nederlands sedert 1886 bekend. Van Arabies سُوق, sūk ('n mark, basaar, straat met winkels).[2]
soek
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  soek 
Verlede Tyd  ek   het gesoek        
  1. Probeer iets wat verlore/versteek is te vind; om op te spoor.
  2. Rusie wil maak; skoor soek; iemand opsetlik kwaad maak.
  1. Help my om na my sleutels te soek.
  2. Boetie, jy soek vir my!
«Soek witvoetjie.»
Probeer om in iemand se guns te kom.
«Soek herwaarts en derwaarts.»
In alle rigtings soek.
«Soort soek soort.»
Persone met dieselfde karakter en belangstelling gaan graag met mekaar om.
«Na 'n naald in die hooimied soek
'n Onbegonne taak onderneem.
«Wors in 'n hondehok soek
Iets op 'n baie onwaarskynlike plek soek.
«Beter soek en slegter kry.»
Gesê van iemand wat telkens van beroep verander.
«Ek soek nie wat ek nie verloor nie.»
Ek bemoei my nie met sake wat my nie aangaan nie.
soektog, soeklig, soeke

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: search(en), seek(en)
Nederlands: zoeken(nl)
Enkelvoud Meervoud
  soek     soeks  
Oordekte straatjie in Noord-Afrika en die Midde-Ooste, met winkels en werkswinkels.
Ons gaan vanmiddag die inkopies by die soek doen.

    Vertalings

  Vertalings:   
Arabies: سوق(ar)