lees
Voorkoms

- Die werkwoord lees is uit Oudnederlands sedert omstreeks 1100 as lesen bekend met die betekenis versamel, opraap. Die woord het ontstaan uit Proto-Germaans *lesan- en Proto-Indo-Europees *les- (versamel). Die betekenis "teks ontleed" is Wes-Germaans en in Oudnederlands bekend sedert 1150–1200.[1]
- Die selfstandige naamwoord lees is sedert 1330 uit Middelnederlands bekend as lêst. Dit is 'n erfwoord uit Proto-Indo-Europees *leis- wat 'groef (in die grond)' beteken het. Die betekenis werktuig om te skoei is Wes-Germaans.[2]
| Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
|---|---|---|
| Teenwoordige Tyd | ek | lees |
| Verlede Tyd | ek | het gelees |
- Om inligting wat deur simbole en tekens van 'n sekere skryfstelsel en taal geformuleer is, te ontleed.
- Om simbole en tekens van 'n sekere skryfstelsel en taal hardop uit te spreek.
- Toe hy klaar die koerant gelees het, was hy ongelukkig oor die gebrek aan feite daarin.
- Die juffrou verwag dat elke kind ten minste een keer 'n week voor die klas lees.
- Oorganklike werkwoord.
| Hulpwerkwoorde | Bedrywend | Lydend |
|---|---|---|
| Onvoltooid | — | word |
| Voltooid | hê | wees |
- Die voltooide deelwoord kan attributief gebruik word.
| Vertalings: lees | |||
|---|---|---|---|

| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| lees | leeste |
- (gereedskap) 'n vorm, gewoonlik van metaal. waarop skoene vervaardig of herstel kan word.
- skoenmaker, hou jou by jou lees -- waarskuwing dat iemand hom/haar nie met iets waarvan hy/sy niks weet moet bemoei nie.
- op dieselfde lees skoei -- op dieselfde manier doen.
| Vertalings: lees | |||
|---|---|---|---|
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor lees.
Kategorieë:
- Woorde in Afrikaans van lengte 4
- Retrograad van Afrikaans
- Woorde in Afrikaans
- Erfwoorde uit Proto-Indo-Europees in Afrikaans
- Woorde met oudio in Afrikaans
- Werkwoorde in Afrikaans
- Oorganklike werkwoorde in Afrikaans
- Selfstandige naamwoorde in Afrikaans
- Telbare selfstandige naamwoorde in Afrikaans
- Gereedskap in Afrikaans