skaduwee

Afrikaans (af)
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
skaduwee | skaduwees |
Uitspraak
Met Arabiese letters
- سْكَادِڤَِي , meervoud: سْكَادِڤَِیسْ
Spelling tot 1909
- skádewé, meervoud: skádewees
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- Donkerte wat ontstaan as ligstrale nie kan deurdring nie.
Voorbeeldsinne
- ’n Maansverduistering vind plaas wanneer die maan direk agter die Aarde in sy skaduwee inbeweeg.
Spreekwoorde
- Bang vir sy eie skaduwee (onnodiglik bang wees).
- Iemand in die skaduwee stel (iemand oortref).
- Soos 'n skaduwee volg (onafskeidbaar wees).
- Skyn nóg skaduwee van bewys (hoegenaamd geen bewys nie).
- Jy kan nie in sy skaduwee staan nie (nie sy gelyke nie).
- 'n Boom gooi altyd 'n skaduwee (ouers se 'n invloed is in hul kinders te bespeur).
- Niks groei in 'n groot boom se skaduwee nie (mense onder 'n groot persoonlikheid kry dikwels nie kans om self te ontwikkel nie).
Wisselvorme
Vertalings
Vertalings: skaduwee | |||
---|---|---|---|
|