Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Gaan na navigasie
Gaan na soektog
Hulp:IPA : [ˈfəŋər ]
فِڠِرْ , meervoud : فِڠِرْسْ
finger, meervoud : fingers
Elkeen van die vyf voorlitte van die hand .
Uitsteeksel, uitgroeisel, onderdeel wat deur sy vorm, funksie of plek aan 'n vinger laat dink, na 'n vinger lyk.
'n Mense het vyf vingers : Duimpie (duim), Duimpie se maat (wysvinger), Langeraat (middelvinger), Fiela Vlooi (ringvinger) en Piepie-in-die-kooi (pinkie).
«Hy verroer nie 'n vinger nie.»
Niks doen om 'n ander te help nie.
«Sy draai hom om haar vinger .»
Met iemand maak wat jy wil.
«Die vinger op die wond lê.»
Die gebrek, fout presies aandui.
«Gee iemand 'n vinger , dan vat hy die hele hand.»
'n Mens eien hulself graag meer toe.
«Lekker is maar 'n vinger lank.»
Die plesier is van korte duur.
«Tussen vinger en duim wegraak.»
Skelm of ongemerk verdwyn; onopgemerk wegsluip.
hand , arm , liggaam
duim , wysvinger , middelvinger , ringvinger , pinkie
vinger-en-duim
IPA :
Nederlands: [ˈv̊ɪŋər ], meervoud : [ˈv̊ɪŋərs ]
Belgies: [ˈv̊ɪŋəʀ ], meervoud : [ˈv̊ɪŋəʀs ]
Vinger