goud

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Goudstawe.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  goud     —  

Uitspraak

Hulp:IPA: [χəʊ̯t]
   
(lêer)

Met Arabiese letters

خَوْدْ

Spelling tot 1909

gout

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. (chemie) 'n Kosbare, swaar metaal waarvan juweliersware gemaak word; 'n chemiese edelelement in die periodieke tabel met die simbool Au en atoomgetal van 79.
  2. (kleure) Die geel kleur van die metaal.
  3. Medalje vir die eerste plek in 'n kompetisie.

    Voorbeeldsinne

  1. Die suiwerheid van goud word gewoonlik in karaat gemeet, en 24 karaat word algemeen as suiwer geag.
  2. 'n Karp (soort vis) is olyfbruin tot goud van kleur.
  3. Oscar Pistorius het goud vir die 200 m-naelloop gewen.

    Spreekwoorde

«Bewaar dit soos goud»
Pas dit sorgvuldig op.
«Hy is sy gewig in goud werd.»
Hy doen sy deel en is baie bruikbaar.
«Die môrestond het goud in die mond.»
Dit is tot jou voordeel om vroeg op te staan.
«Dis nie alles goud wat blink nie.»
Nie alles wat mooi lyk, is goed nie.
«Dis goud wat blink, maar koper wat stink.»
Die skyn bedrieg.

    Afkorting

Au

    Vertalings

  Vertalings:    goud
Arabies: ذهب(ar) (dhahab)
Duits: Gold(de)
Engels: gold(en)
Esperanto: oro(eo)
Etruskies: 𐌉𐌈𐌀𐌌𐌀𐌆(ett) (zamaθi)
Frans: or(fr)
Interlingue: aure(ie)
Italiaans: oro(it)
Jiddisj: גאָלד (gold) (yi)
Latyn: aurum(la)
Luxemburgs: Gold(lb)
Moldawies: aur
Nederlands: goud(nl)
Roemeens: aur(ro)
Russies: золото(ru) (zoloto)
Spaans: oro(es)
Sweeds: guld(sv)
Turks: altın(tr)
Turks (Osmaans): آلتون(osm) (altın)
Venda: musuku
Volapük: goldin(vo)
Xhosa: igolide
Yslands: gull(is)
Zoeloe: igolide(zu)
Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   goud     goue      

Byvoeglike naamwoord

    Betekenisse

  1. Van die edelmetaal gemaak.
  2. Met 'n heldergeel kleur, soos die metaal.

    Voorbeeldsinne

  1. Hy het goue munte geslaan.
  2. Sy het die pot goud geverf.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: gold(en)
Nederlands: gouden(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor goud.


Nederlands (nl)

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord goud o  
Verouderde vorme
Genitief gouds  
Datief goud(e)

Uitspraak

IPA:
Nederlands: [ɣ̊ɑʊ̯t]
Belgies: [ʝɑʊ̯t]

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

Goud